z-logo
open-access-imgOpen Access
Op Griekse lier: Vroeë Griekse liriese poësie, vertaal en toegelig
Author(s) -
Johan C. Thom
Publication year - 2012
Publication title -
akroterion
Language(s) - German
Resource type - Journals
SCImago Journal Rank - 0.102
0
eISSN - 2079-2883
pISSN - 0303-1896
DOI - 10.7445/49-0-93
Subject(s) - theology , art , philosophy
Enige boekpublikasie in Afrikaans oor die Klassieke letterkunde is ’n besondere gebeurtenis. Vanweë die beperkte leserspubliek is skrywers én uitgewers huiwerig om in Afrikaans te publiseer. ’n Boek oor die Griekse liriese poësie — in vele opsigte die stiefkind van die antieke Griekse letterkunde — is des te meer ’n waagstuk. As daar egter iemand is wat so ’n projek met vrymoedigheid kan aandurf, is dit Henderson, ’n emeritusprofessor in Griekse en Latynse Studies aan die Universiteit van Johannesburg, wat hom oor verskeie dekades al as ’n wydgerespekteerde kenner van die vroeë Griekse digkuns bewys het. Die basis vir die huidige publikasie is inderdaad reeds bykans 20 jaar gelede gelê in twee uitstaande boeke oor die Griekse digkuns wat Henderson in 1986 en 1988 saam met J H Barkhuizen en C A van Rooy gepubliseer het (Kalliope I en II; Pretoria: Universiteit van Suid-Afrika). My enigste wesenlike kritiek oor daardie twee boeke was dat dit nie vertalings van die Griekse gedigte bevat het nie (kyk my resensies in Akroterion 32[1] en 34[3-4]), ’n leemte wat deur die huidige publikasie ruimskoots reggestel word

The content you want is available to Zendy users.

Already have an account? Click here to sign in.
Having issues? You can contact us here