z-logo
open-access-imgOpen Access
DAGBOEK VAN OSKAR HINTRAGER
Author(s) -
Jan Ploeger
Publication year - 2012
Publication title -
scientia militaria
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2309-9682
pISSN - 2224-0020
DOI - 10.5787/5-2-892
Subject(s) - oskar , art , humanities , theology , philosophy , art history
Dr Oskar Hintrager (1871-1960), was 'n Duitse regsgeleerde wat, nadat die Tweede Vryheidsoorlog in Oktober 1899 uitgebreek het, soos baie ander pro-Boere in Europa besluit het om as vrywilliger aan die oorlog deel te neem. Sy keuse was die Vrystaatse Artillerie en op 1 Mei 1900 het hy in Louren~ o Marques aangekom, na Pretoria afgereis, meer as 'n maand in die Zuid-Afrikaansche Republiek vertoef en daarna na Frankfort (OVS) vertrek. Sy dienste is deur die Vrystaatse regering te velde aanvaar en daarna was hy ongeveer vier maande met die Vrystaters in die veld. Sowel in die Oranje- Vrystaat as tydens genl Christiaan R. de Wet se ekspedisie in Transvaal het hy die oorlogsgebeure van naby aanskou. In September 1900 het dr Hintrager na sy vaderland teruggekeer, 'n werksame aandeel in die pro- Boerbeweging in Duitsland geneem en dwarsdeur sy lewe in die wei en wee van Suid- Afrika en die Afrikaners bly belangstel. Van 1905-1914 het hy amptelike werksaamhede in Duits Suidwes-Afrika verrig en, na sy aftrede, het in 1952 sy Geschichte von SUd Afrika en twee jaar later sy publikasie SUdwestafrika in der deutschen Zeit die lig gesien

The content you want is available to Zendy users.

Already have an account? Click here to sign in.
Having issues? You can contact us here