z-logo
open-access-imgOpen Access
DIE ROL VAN DIE EERSTE SUID-AFRIKAANSE INFANTERIEDIVISIE TYDENS DIE GEVEGTE BY EL ALAMEIN, JULIE TOT NOVEMBER 1942
Author(s) -
C.J. Jacobs
Publication year - 2012
Publication title -
scientia militaria
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2309-9682
pISSN - 2224-0020
DOI - 10.5787/22-4-320
Subject(s) - theology , art , philosophy

DEEL II: TWEEDE SLAG VAN EL ALAMEIN, 23 OKTOBER - 5 NOVEMBER 1942.

Teen die einde van Julie 1942 het 'n tydelike skaakmatsituasie in die oorlog in Noord-Afrika ontstaan. Genl. C.J.E. Auchinleck, gesamentlik in bevel van die Britse magte in die Midde Ooste en die 8ste Leër in Egipte, het laasgenoemde by EI Alamein tot die verdediging laat oorgaan en die opponerende magte het begin voorberei vir die volgende rondte. Aan Britse kant is Augustus gekenmerk deur groot veranderings. Premier Winston Churchill se ongeduld met die situasie alhier het 'n breekpunt bereik. Verskille tussen hom en Auchinleck het uiteindelik daartoe gelei dat die hele bevelstruktuur van die Britse magte onder 'n nuwe bestuur geplaas is. Die pos van bevelvoerder in die Midde-Ooste is gegee aan genl. Sir Harold Alexander en It.-genl. Strafer Gott sou bevel van die 8ste Leër oorneem. Sy oorlye, nadat sy vliegtuig afgeskiet is, het egter meegebring dat die verantwoordelikheid op die skouers van It.-genl. Bernard Montgomery sou rus. Lt.-genl. Oliver Leese het die bevelvoerder van die 30ste Korps en It.-genl. Brian Horrocks die van die 13de Korps geword. Ironies genoeg moes Churchill toegee aan Montgomery presies oor dit waaroor hy van Auchinleck ontslae geraak het. Dit was om nie reeds in Augustus 'n nuwe Britse offensief te loods nie totdat versterkings en veral opleiding van die 8ste Leër 'n gedugter mag gemaak het. Dit het beteken dat Rommel kans gekry het om nog een maal na die Nyldelta te probeer deurbreek.

The content you want is available to Zendy users.

Already have an account? Click here to sign in.
Having issues? You can contact us here