z-logo
open-access-imgOpen Access
AKADEMIESE STEUN BY DIE MILITÊRE AKADEMIE : DIE AANSPREEK VAN ANDERSHEDE IN DIE SA WEERMAG
Author(s) -
Liezel Smith
Publication year - 2012
Publication title -
scientia militaria
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2309-9682
pISSN - 2224-0020
DOI - 10.5787/22-2-327
Subject(s) - theology , art , philosophy

Die Suid-Afrikaanse gemeenskap is blootgestel aan snelle veranderinge wat noodwendig 'n neerslag vind in die SA Weermag en die Militêre Akademie op Saldanha. Dit is egter nie net die veranderinge wat hul invloed laat geld nie, maar ook die gebeure wat die veranderinge voorafgegaan het.

Die Fakulteit Krygskunde aan die Universiteit van Stellenbosch (soos enige ander Suid-Afrikaanse tersiëre opleidingsinstansie) moet dus hul taak volvoer met inagneming van 'n buitengewone geskiedenis en die eise van 'n dinamiese toekoms.

Studente wat aanmeld vir 'n B. Mil. graad by bogenoemde fakulteit het deel aan sekere gemeenskaplikhede, maar ook andershede wat spruit uit elk se agtergrond. "Andersheid" word omskryf as die persoonlike verskille wat elke individu of groep uniek maak. Dit is belangrik dat die leser kennis neem daarvan dat elke student van gelyke waarde geag word en dat "andersheid" nie sinoniem is vir "minderwaardigheid" nie.

The content you want is available to Zendy users.

Already have an account? Click here to sign in.
Having issues? You can contact us here