
DIE MAPOCH-OORLOG,1882-1883
Author(s) -
F.A. Van Jaarsveld
Publication year - 2012
Publication title -
scientia militaria
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2309-9682
pISSN - 2224-0020
DOI - 10.5787/16-1-460
Subject(s) - theology , art , philosophy
Gedurende die jare 1882-1883 was Noordoos- Transvaal die toneel van 'n bloedige oorlog tussen die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Ndzundza- Ndebele, beter bekend as die Mapochstam of die Mapoggers. Die Ndzunda-Ndebele, vandag die bewoners van die nasionale staat KwaNdebele, is wat hul geskiedenis betref een van Suid-Afrika se minder bekende maar tog een van die interessantste stamme. Weens die feit dat die Ndzundza Nguni-sprekend is, word hulle dikwels verkeerdelik met die nasate van Mzilikazi in verband gebring. Die Ndzundza het hul moontlik so vroeg as die vroee sestiende eeu in Transvaal gevestig, waar hulle reeds vir meer as twee eeue was toe Mzilikazi sy plundertog deur die Transvaal onderneem het.2 Oor al die eeue heen het die Ndzundza, ten spyte van kulturele be'invloeding deur die Sotho, hul taal en vernaamste kultuureienskappe beho