
Prakties-teologiese riglyne vir die drie kategorie� van visuele prediking
Author(s) -
Van Tonder,
J Barend
Publication year - 2011
Publication title -
verbum et ecclesia
Language(s) - German
Resource type - Journals
SCImago Journal Rank - 0.386
H-Index - 8
eISSN - 2074-7705
pISSN - 1609-9982
DOI - 10.4102/ve.v32i1.388
Subject(s) - art , humanities , theology , philosophy
Met die verskyning van die TV-medium binne die Suid-Afrikaanse milieu in die laat sestigerjare en vroe sewentigerjare (vgl. Barnard 2009:192), het n nuwe wyse van kommunikasie die lig gesien. Grotendeels het dit meegebring dat die kommunikasiemedium van die woord deur die kommunikasiemedium van die beeld vervang is (vgl. Sweet 1999:200).Visuele kommunikasie het die mees ingrypende verskuiwing geword wat oor die afgelope vyf dekades plaasgevind het. Uiteraard het dit n nuwe generasie na vore gebring, wat as die visuele generasie bekend staan, en binne die visuele taalkode kommunikeer.
Visuele uitbeelding word in hierdie artikel gestel as n legitieme vorm van homiletiese aanbieding naas die oratoriese aanbieding van die prediking. In hierdie artikel word drie kategoriee van visuele prediking word geidentifiseer, naamlik, (1) die visuele beeldpreek, (2) die visuele uitbeeldingspreek en die (3) visuele verbeeldingspreek. Praktiese riglyne vir elke vorm van visuele prediking word in hierdie artikel ontwikkel, sodat die visuele geletterdheid van die prediker kan verhoog.