
Activity patterns and feeding behaviour of hyrax (Procavia capensis) in the Mountain Zebra National Park
Author(s) -
L.J. Fourie,
Ivan G. Horak,
M.R. Perrin
Publication year - 1987
Publication title -
suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie/die suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2222-4173
pISSN - 0254-3486
DOI - 10.4102/satnt.v6i3.955
Subject(s) - hyrax , foraging , ecology , national park , riparian zone , geography , zoology , biology , habitat
Die aktiwiteitspatrone van dassies in die Bergkwagga Nasionale Park is d.m.v. direkte waarnemings van gemerkte dassies gekwantifiseer. Langdurigeperiodes word gedurende die winter (6,8 uur) en somer (5,3 uur) onderskeidelik aan sonbak bestee. Minstens 80 % van elke dag word in ’n onaktiewe fase deurgebring. Die groter tydsbesteding aan beweging en tyd wat binne skuilings gespandeer word gedurende die somer (0,4 en 2,7 ure), vergeleke met die winter (0,2 en 0,9 ure), kan moontlik in terme van gedragstermoregulering verklaar word. Duidelike verskille kom tussen die voedingsgedrag van jongelinge (< 6 maande) en ouer dassies voor. Eersgenoemde vreet slegs in die onmiddellike omgewing (< 40 m) van skuilings en onder die toesig van ouer dassies, terwyl ouer dassies soms tot 500 m van skuilings gaan eet. Hierdie dassies het dikwels oewerruigtes as weigebied benut. Indiwiduele voedingsekskursies het tussen 0,5 - 8 uur geduur. Die gerapporteerde vroegmôre- en laatmiddag-groepvoedingsessies kon nie gedurende hierdie studie (vir dassies ouer as 5 maande) bevestig word nie