
Plant available water
Author(s) -
P. C. Nel,
J. G. Annandale
Publication year - 1987
Publication title -
suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie/die suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
Language(s) - English
Resource type - Journals
eISSN - 2222-4173
pISSN - 0254-3486
DOI - 10.4102/satnt.v6i3.953
Subject(s) - transpiration , wilting , environmental science , soil water , permanent wilting point , field capacity , water content , water use efficiency , agronomy , soil science , photosynthesis , engineering , botany , biology , irrigation , geotechnical engineering
Die hoeveelheid water in die grand wat beskikbaar is vir benutting dearplante, en waterverbruiksdoeltreffendheid, kan wesentlik deur bestuurspraktyke beinvloed word. Veldkapasiteit is ’n bruikbare arbitrere boonste limiet van plantbeskikbare water (PBW), maar faktore soos herdistribusie van grondvog, verdampingsaanvraag en wortelverspreiding mag ’n rol speel. Daar word dikwels na die onderste limiet van PBW verwys as verwelkingskoeffisient. Onderkant hierdie limiet is grondwater nie beskikbaar vir plante nie. Opbrengsverliese vind plaas lank voordat hierdie uitdrogingsvlak bereik is. Blaarwaterpotensiaal, transpirasie, fotosintese en verskeie ander plantprosesse neem drasties af nadat grondwaterinhoud ’n bepaalde drumpelwaarde bereik het. Die drumpel-grondwaterinhoud-konsep word deur sommige navorsers bevraagteken. Verskeie grond-, plant- en klimaatsfaktore het ’n wesentlike invloed op PBW. Laboratoriumbepalings van PBW is onderhewig aan verskeie tekortkominge. In situ-bepalings op die land is betroubaarder. Omdat laasgenoemde tydrowend is, word steeds gewerk aan die verfyning van laboratoriummetodes