
Mental retardation: a new challenge
Author(s) -
J. Op't Hof
Publication year - 1987
Publication title -
suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie/die suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2222-4173
pISSN - 0254-3486
DOI - 10.4102/satnt.v6i2.945
Subject(s) - mentally retarded , population , incidence (geometry) , genetic syndromes , down syndrome , pediatrics , genetic disorder , intelligence quotient , medicine , genetic testing , psychiatry , psychology , developmental psychology , pathology , disease , environmental health , cognition , physics , optics
Alhoewel die versorging van verstandelike vertraagdes in die RSA die afgelope dekades verbeter het, het dit eers onlangs moontlik geword om die oorsake van verstandelike vertraging (VV) akkuraat te bepaal. Volgens die WGO is die gemiddelde voorkoms van ernstige VV (IK < 50) ongeveer 3-4 per 1 000 van die algemene bevolking, terwyl matige VV (IK ± 50-70) by ongeveer 20-30 persone per 1 000 van die bevolking voorkom. Geneties-diagnostiese ondersoeke wat deur die Afdeling Genetiese Dienste van die Departement van Nasionale Gesondheid en Bevolkingsontwikkeling uitgevoer is, het aangetoon dat die oorsake van ernstige VV in ’n skool vir blanke verstandelik vertraagde indiwidue soos volg verdeel kan word: genetiese oorsake: 46%; nie-genetiese oorsake: 17%; en onbekende oorsake: 37%. Chromosoomabnormaliteite is die belangrikste oorsaak (± 18%) van VV, waarvan Down-sindroom en die Martin-Bell-sindroom die algemeenste is