
Pollution research in the Republic of South Africa
Author(s) -
Pieter J. Aucamp
Publication year - 1986
Publication title -
suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie/die suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2222-4173
pISSN - 0254-3486
DOI - 10.4102/satnt.v5i4.1002
Subject(s) - pollution , business , environmental planning , environmental protection , natural resource economics , environmental science , economics , ecology , biology
Besoedeling is ’n komplekse en uitgebreide onderwerp. Daar word probeer om dit te kategoriseer in hanteerbare onderafdelings. Aangesien daar min inligting beskikbaar is oor die besteding van fondse aan navorsing deur die industrie, word daar gekonsentreer op die besteding van fondse deur die staatsektor. Navorsing oor waterbesoedeling word befonds deur die WNK, die WNNR en die Departemente van Waterwese en Gesondheid, terwyl die laasgenoemde ook die vernaamste bron van fondse vir lugbesoedelingnavorsing is. Die Departement van Omgewingsake befonds verskeie projekte in die bekamping van besoedeling, verai deur vaste afval. Daar is wel enkele universiteite wat navorsing oor die bekamping van besoedeling doen. Na aanleiding van toekomsprojeksies word daar tot die gevolgtrekking gekom dat veel meer fondse nodig is om die toenemende besoedeling te bekamp