z-logo
open-access-imgOpen Access
Continuity and discontinuity in physics and biology
Author(s) -
Danie Strauss
Publication year - 2017
Publication title -
suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie/˜die œsuid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2222-4173
pISSN - 0254-3486
DOI - 10.4102/satnt.v36i1.1438
Subject(s) - nominalism , theoretical physics , gradualism , fallacy , epistemology , physics , philosophy , paleontology , biology
Hoewel die mening van die klassieke fisici was dat die natuur geen spronge maak nie – dit is kontinu en oneindig verder verdeelbaar – sou die 20ste-eeuse fisici spoedig besef dat daar ondeelbare elementêre deeltjies (kwanta) bestaan en dat die fisiese ruimte nie kontinu en derhalwe ook nie oneindig verder verdeelbaar is nie. Hierdie toedrag van sake word verder belig deur die dualiteit van golf en deeltjies. Selfs vir Einstein was die kontinuïteit van die mikrostruktuur van ‘space-time’ nog ’n ope vraag. Daarom kan die siening dat fisiese verskynsels letterlik kontinu is, bevraagteken word. Dit is daarom treffend dat die geskiedenis van die nadenke oor die aard van materie sowel tot ’n ‘atomisitese’ as ’n ‘kontinuïteitsopvatting’ gelei het. Getrou aan die moderne nominalisme aanvaar die (neo-) Darwinisme geen universaliteit buite die menslike gees nie. Plante en diere word bloot met behulp van willekeurige name in ’n kontinuum geplaas. Hierdie kontinuïteitspostulaat – bekend as ‘gradualisme’ – is egter van meet af gekonfronteer deur die dominante stasispatroon van die paleontologiese rekord: ’n tipe verskyn abrup, bly vir miljoene jare konstant en verdwyn dan ewe abrup. Gevolglik kan die vermeende ‘imperfection’ van die paleontologiese rekord bevraagteken word. Prominente biologiese denkers worstel met die probleem van kontinuïteit en diskontinuïteit. Een van hierdie outeurs stel dat die verhale met dieselfde grondleggende valstrik begin en dan voortgaan op ’n soortgelyke foutiewe wyse. Daar word begin met die gevaarlikste mentale valstrik, die verborge aanname wat as vanselfsprekend aanvaar word, indien dit hoegenaamd erken word, naamlik ’n basiese definisie van evolusie as kontinue vloei

The content you want is available to Zendy users.

Already have an account? Click here to sign in.
Having issues? You can contact us here