
Die adenosien A<sub>1</sub>- en A<sub>2A</sub>-reseptoraffiniteit van ’n reeks 3,4-dihidropirimidoon-analoë
Author(s) -
Runako Masline Katsidzira,
Mietha M. Van der Walt,
Jacobus J. Bergh,
Gisella Terre’Blanche
Publication year - 2017
Publication title -
suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie/die suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2222-4173
pISSN - 0254-3486
DOI - 10.4102/satnt.v36i1.1381
Subject(s) - adenosine , adenosine receptor , adenosine a2a receptor , neurodegeneration , receptor , pharmacology , chemistry , adenosine a1 receptor , medicine , endocrinology , neuroscience , biology , agonist , biochemistry , disease
Parkinson se siekte is ’n komplekse neurodegeneratiewe siektetoestand. Huidige behandeling van dié siekte is slegs op simptomatiese verligting gemik, sonder dat die siekteverloop vertraag of gestop word. Sedert die ontdekking dat adenosien A1- en A2A-reseptore potensiële geneesmiddelteikens vir die behandeling van Parkinson se siekte is, het verskeie navorsingsgroepe gepoog om adenosienantagoniste te identifiseer. Benewens die bevinding dat adenosien A2A-reseptorantagoniste die motoriese simptome verminder wat met Parkinson se siekte gepaardgaan, is hulle potensieel ook neurobeskermend. Dit is dus moontlik dat verdere neurodegenerasie met sulke middels voorkom kan word. Verder kan die antagonisme van adenosien A1-reseptore die kognitiewe defekte, wat met Parkinson se siekte geassosieer word, moontlik verlig. Dualistiese antagonisme van adenosien A1- en A2A-reseptore kan dus van groot waarde wees, aangesien dit die moontlikheid bied om beide die motoriese sowel as die kognitiewe verswakking van Parkinson se siekte te behandel. Dit is vasgestel dat ’n reeks 1,4-dihidropiridienderivate affiniteit vir die adenosien A1- en A2A-reseptore besit en gegrond op hierdie bevinding, is die struktureelverwante 3,4-dihidropirimidoon-analoë as adenosien A1- en A2A-reseptorantagoniste in hierdie studie ondersoek. Oor die algemeen is gevind dat die 3,4-dihidropirimidoon-analoë swak adenosien A2A-reseptoraffiniteit besit, maar dat hul affiniteit vir die adenosien A1-reseptor meer belowende resultate opgelewer het, met dissosiasiekonstante-waardes in die lae mikromolêre gebied. Die p-bromofenielgesubstitueerde dihidropirimidoon (6b) het die beste adenosien A1-reseptoraffiniteit getoon met ’n Ki-waarde van 7.39 µM. Gevolglik kan dié 3,4-dihidropirimidoon-analoog as leidraadverbinding gebruik word vir die ontwikkeling van nuwe adenosien A1-reseptorantagoniste, alhoewel verdere strukturele veranderinge nodig is om die adenosien A2A-affiniteit te verbeter ten einde ’n kliniese lewensvatbare kandidaat vir die behandeling van Parkinson se siekte te verkry