z-logo
open-access-imgOpen Access
The impact of acid mine drainage on the ecology of the Cradle of Humankind and Krugersdorp Game Reserve on the West Rand
Author(s) -
François Durand
Publication year - 2016
Publication title -
suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie/die suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2222-4173
pISSN - 0254-3486
DOI - 10.4102/satnt.v35i1.1367
Subject(s) - supergroup , dolomite , geology , acid mine drainage , groundwater , mining engineering , geochemistry , aquifer , west virginia , archaeology , geography , chemistry , geotechnical engineering , environmental chemistry

Die Witwatersrand Supergroep is die wêreld se rykste gouddraende geologiese afsetting. Hierdie ongeveer 2.8 miljard jaar oue eenheid word deur die 2.71–2.67 miljard jaar oue Ventersdorp Supergroep opgevolg wat weer deur die 2.67–2.46 miljard jaar Chuniespoort Groep van die Transvaal Supergroep bedek word. Die dolomietryke Chuniespoort Groep is ook ’n reusewaterdraer waaruit water vir boerdery in suidelike Gauteng, die suidoostelike Noordwes- Provinsie en noordelike Vrystaat onttrek word. Megaliters grondwater stroom daagliks vanuit die dolomietryke gebiede in die naasliggende myne in, wat veroorsaak dat hierdie water voortdurend uitgepomp moet word, alvorens daar met mynaktiwiteite voortgegaan kan word. Die goudmyne in die Witwatersrand Supergroep is van die diepste myne ter wêreld en dié in Gauteng is tot ongeveer 3 km diep. Die myne van die Sentraal-Rand, die Oos-Rand en die Wes-Rand, wat oor ’n gebied van ongeveer 100 km strek, is een ná die ander gesluit toe die gouderts tot op ’n diepte van ongeveer 3 km ondergronds uitgemyn was en dit te onekonomies geword het om voort te gaan om te myn. Die reusagtige ondergrondse mynholte wat nagelaat is, beslaan etlike miljoene kubieke meter. Hierdie mynholte het stadigaan weer met grondwater begin opvul, en die fonteine rondom die Witwatersrandse myne het na ’n eeu van ontwatering weer begin vloei. Dit is egter nie skoon dolomitiese water wat uit die fonteine stroom nie, maar suur mynwater wat hoë konsentrasies swaelsuur, sulfaatsoute en metale, insluitende radioaktiewe swaarmetale, bevat. Die gouddraende lae van die Witwatersrand Supergroep bevat ook groot hoeveelhede ysterpiriet (FeS2) wat swaelsuur vorm wanneer dit in aanraking met suurstof en water kom. Die agteruitgang van die ekologie van Krugersdorp se Wildreservaat en die Wieg van die Mensdom is ’n goeie voorbeeld van die negatiewe uitwerking van suur mynwater op die ekologie.

The content you want is available to Zendy users.

Already have an account? Click here to sign in.
Having issues? You can contact us here