z-logo
open-access-imgOpen Access
Die kulturele en praktiese waarde van inheemse kennis oor plantgebruike in die 21ste eeu
Author(s) -
BenErik Van Wyk
Publication year - 2015
Publication title -
suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie/die suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2222-4173
pISSN - 0254-3486
DOI - 10.4102/satnt.v34i1.1349
Subject(s) - ethnobotany , context (archaeology) , indigenous , traditional knowledge , anthropology , sociology , geography , traditional medicine , ecology , archaeology , medicinal plants , medicine , biology
Kritici van etnobotaniese navorsing kan moontlik die vraag vra wat die relevansie daarvan is om die inheemse kennis rondom plantgebruike van verskillende kultuurgroepe op te teken. Hierdie artikel fokus op die waarde en voordele van etnobotaniese studies in die 21ste eeu. Die konteks is kwantitatiewe etnobotaniese opnames wat die afgelope klompie jare in Suid-Afrika gedoen is. Vir die bespreking van die Matriksmetode, wat deur Van Wyk en De Beer ontwikkel is, word daar verwys na sodanige opnames in die Hantam, in Calvinia se distrik, en die Kamiesberg in Namakwaland. Die praktiese implikasies van etnobotaniese studies word bespreek, en daar word spesifiek verwys na regsaspekte en intellektuele eiendomsreg. Daar word gekyk na die praktiese voordele en aanwending van etnobotaniese werk in (1) die kommersialisering van plantprodukte; (2) die bemagtiging van plaaslike gemeenskappe deur eko-toerisme; en (3) die rol van etnobotanie in skoolonderwys. Vervolgens word daar gekyk na die kulturele aanwending van etnobotanie, onder meer in (4) die skone kunste; (5) musiek; (6) kookkuns; (7) skryfkuns en poësie; (8) onomastiek (die oorsprong van plekname – met die naam ‘Hantam’ as spesifieke voorbeeld). Laastens word die kollig geplaas op ‘n gemarginaliseerde en dikwels afgeskeepte aspek van etnobotaniese navorsing, naamlik die magiese gebruike van toorplante

The content you want is available to Zendy users.

Already have an account? Click here to sign in.
Having issues? You can contact us here