
Die vasstelling van ’n fisieke-welstandaanwyser
Author(s) -
P.J. Du Toit,
Lee-Anne Naicker,
Evangeline Nortje,
M. Kleynhans,
Ronél Ferreira,
Gerda J. Gericke
Publication year - 2013
Publication title -
suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie/die suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2222-4173
pISSN - 0254-3486
DOI - 10.4102/satnt.v32i1.770
Subject(s) - enthusiasm , health promotion , physical activity , promotion (chess) , gerontology , work (physics) , psychology , environmental health , enforcement , medicine , medical education , public health , physical therapy , nursing , political science , engineering , social psychology , mechanical engineering , politics , law
Met die toenemende klem op leefstylverwante gesondheid het die fokus vanaf die behandeling en genesing van siekte verskuif na voorkoming en gesondheidsbevordering. Alhoewel individuele welstandskomponente uitvoerig bestudeer is, het gebreke ontstaan vanweë teenstrydighede en ’n gebrek aan bewyse dat hierdie faktore kollektief op die verbetering van algehele welstand uitloop. Die huidige studie het hom op die terrein van algehele fisieke welstand toegespits en die komponente daarvan, asook die invloed van ’n aktiewe werksomgewing op die komponente nagevors. Vir die studie is ’n kwantitatiewe eksperimentele deursnee-ontwerp aanvaar. Verskille tussen die twee groepe deelnemers is met behulp van die onafhanklike steekproef t-toets gedoen. Voorgraadse universiteitstudente (n = 165) en 234 rekrute wat besig was met ’n fisieke oefenprogram tesame met wetstoepassingswerknemers is aan verskeie welstandassesserings onderwerp in ’n poging om die algehele welstand in sedentêre en aktiewe werksomgewings met mekaar te vergelyk. Die individuele resultate is vergelyk en tellings vir risiko-areas bepaal wat uiteindelik saamgestel is om ’n algehelewelstandaanwyser te formuleer. Daar is bevind dat die studente beter vertoon het op sommige welstandsterreine; die rekrute het egter beter algehele fisieke welstand gehad. Dit dui daarop dat fisieke aktiwiteit wel beduidend bydra tot die bereiking van algehele fisieke welstand en dus die risiko vir die ontwikkeling van chroniese leefstylverwante toestande verminder. Die oorkoepelende bevindings gee te kenne dat die handhawing van ’n gesonde leefstyl, deur middel van fisieke aktiwiteit en gedrag wat gesondheid bevorder, tot ’n beter stand van gesondheid sal lei. Hierdie navorsingsterrein het moontlikhede vir toekomstige navorsing blootgelê, veral met betrekking tot die algehelewelstandaanwyser