z-logo
open-access-imgOpen Access
Indigenous knowledge in the life sciences classroom: Science, pseudo-science or a missing link?
Author(s) -
Josef J. De Beer,
BenErik Van Wyk
Publication year - 2012
Publication title -
suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie/˜die œsuid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2222-4173
pISSN - 0254-3486
DOI - 10.4102/satnt.v31i1.368
Subject(s) - indigenous , curriculum , traditional knowledge , inclusion (mineral) , value (mathematics) , sociology , mathematics education , pedagogy , science education , process (computing) , social science , engineering ethics , psychology , engineering , biology , computer science , ecology , machine learning , operating system
Alhoewel die lewenswetenskappe-kurrikulum vereis dat inheemse kennisstrukture in die klaskamer aangespreek moet word, word dit óf baie oppervlakkig gedoen deur middel van ’n voorbeeld of twee, óf dit is totaal afwesig. Hierdie gemengde-metode ondersoek (met die klem op die kwalitatiewe data) na die stand van inheemse kennis in die lewenswetenskappeklaskamer in Gauteng en Limpopo, het weereens beklemtoon wat Rogan en Grayston (2003) opgemerk het: in Suid-Afrika word daar tydens die kurrikulumproses te veel op die wat (die kurrikulum self) en te min op die hoe (die implementering van die kurrikulum) gefokus. Alhoewel die progressiewe kurrikulum dit duidelik maak dat inheemse kennis aangespreek moet word, word baie min riglyne aan onderwysers verskaf oor hoe dit gedoen moet word. Twee probleme word in hierdie artikel belig: onderwysers se gebrekkige vakkundige onderrigvaardigheid (pedagogiese inhoudskennis, of PCK soos in die literatuur bekend), en hul gebrekkige begrip van die aard van die natuurwetenskappe. ’n Onderwyser se sosiale aanspreeklikheid beteken onder andere dat hulle leerders bewus sal maak van die kulturele en praktiese waarde van inheemse kennis en ook hul belangstelling sal prikkel in vakrigtings soos etnobotanie en chemotaksonomie

The content you want is available to Zendy users.

Already have an account? Click here to sign in.
Having issues? You can contact us here