
Mathematics teachers’ reflective practice and the quality of their instruction.
Author(s) -
A. Barbara Posthuma
Publication year - 2012
Publication title -
suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie/die suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2222-4173
pISSN - 0254-3486
DOI - 10.4102/satnt.v31i1.365
Subject(s) - mathematics education , reflective practice , quality (philosophy) , professional development , reflection (computer programming) , pedagogy , psychology , computer science , epistemology , programming language , philosophy
Navorsers en teoretici verskil of onderwysers se refleksie oor hul klaskamerpraktyk en die effektiewe onderrig van wiskunde met mekaar verband hou. Die doel van hierdie artikel is om te rapporteer oor die ondersoek wat gedoen is om reflektiewe klaskameronderrig in verband te bring met die gehalte van onderrig en die leer van wiskunde. ’n Kwalitatiewe gevallestudie is gedoen van vyf wiskunde-onderwysers in ’n plattelandse hoërskool in die Vrystaat. Data is ingesamel deur onderhoude te voer en lesaanbiedings waar te neem. Die reflektiewe aspek is geëvalueer deur gebruik te maak van Lee (2005) se drie refleksievlakke naamlik recall level [beskrywingsvlak], rationalisation level [rasionaliseringsvlak] en reflective level [refklektiewe vlak]. Die gehalte van die onderwysers se wiskunde-onderrig is vergelyk met beginsels vir effektiewe onderrig wat saamgestel is deur Anthony en Walshaw (2009). Die studie het getoon dat daar wel ’n verband bestaan tussen onderwysers se reflektiewe klaskamerpraktyk en die wyse waarop hulle die leer van wiskunde effektief fasiliteer. Die onderwysers wat meer reflektief gehandel het in die beplanning en aanbieding van hul les, was ook dié wat geëvalueer is deur die navorser as die mees effektiewe onderwysers. Die resultate van die studie hou implikasies in vir die professionele ontwikkeling van praktiserende onderwysers – nie alleen deur die feit dat onderwysers opgelei en aangemoedig behoort te word om te reflekteer oor hul onderrig en die leer van wiskunde nie, maar ook dat hulle in groepsverband bymekaar moet kom en besin oor die effektiewe onderrig van wiskunde