
The South African pig carcass classification system.
Author(s) -
F.K. Siebrits,
Berno W. Hambrock,
E. Pieterse
Publication year - 2012
Publication title -
suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie/die suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2222-4173
pISSN - 0254-3486
DOI - 10.4102/satnt.v31i1.353
Subject(s) - lean meat , lean body mass , zoology , lean tissue , carcass weight , pig skin , regression analysis , linear regression , biology , statistics , mathematics , body weight , food science , endocrinology
Die regressievergelyking waarmee varkkarkasvleispersentasie in Suid-Afrika beraam word,is in 1992 opgestel en sedertdien nog nie weer opgedateer nie. Intussen het varke aansienlik maerder geword. Die regressievergelyking is opgestel met karkasse waarvan die massa nie 90 kg oorskry het nie, terwyl dit al meer in die praktyk gebeur. Dit het dus nodig geword om die huidige klassifikasieregressies weer krities te ondersoek om te bepaal of die verbetering in genetiese potensiaal ’n wesentlike uitwerking op die vleisvoorspelling sou hê en of die vergelyking gebruik kan word om te ekstrapoleer. Uiteindelik moet bepaal word of die vergoeding wat die produsent ontvang, regverdig bepaal word. ’n Totaal van 81 varke, bestaande uit 5 verteenwoordigende genotipes en 3 geslagte (soggies, bere en burge) met ’n lewende massa van tussen 20 kg en 30 kg, is in agt slaggroepe verdeel, ad libitum op ’n standaarddieet gevoer en tussen 74 kg en 160 kg lewende massa geslag. Vetmate is met die Hennessy® graderingspeilstif en die Intraskoop® op die karkasse geneem waarna die linkersye in die groothandelsnitte gesny en in been, vet, vel en vleis gedissekteer is. Vetmate is ook met die Renco Lean Meater® op die lewendige varke geneem. Regressies is tussen vleispersentasies en vetdiktemate en oogspierdeursnit beraam met stapsgewyse regressieanalise. Hoewel die oorpronklike (1992) regressievergelykings nog geldig is – ook vir swaarder karkasse – is die afwyking van die voorspelde klassifikasie vanaf die klassifikasie gebaseer op die waargenome vleispersentasie, kommerwekkend. Dit beteken dat Suid-Afrikaanse varkprodusente te min vergoed word, of die vleishandel en die verbruiker moet te veel betaal. Die prysverskille tussen die maerste twee klasse en die vetste twee klasse is egter so klein dat dit nie ’n noemenswaardige invloed op die vleisprys het nie