z-logo
open-access-imgOpen Access
The karst ecology of the Bakwena Cave (Gauteng)
Author(s) -
François Durand,
Antoinette Swart,
Werner Marais,
Candice Jansen van Rensburg,
Johan Habig,
A.S. Dippenaar-Schoeman,
Edward A. Ueckermann,
Riana Jacobs,
Louis De Wet,
L. R. Tiedt,
Eduard Venter
Publication year - 2012
Publication title -
suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie/˜die œsuid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2222-4173
pISSN - 0254-3486
DOI - 10.4102/satnt.v31i1.275
Subject(s) - guano , cave , ecology , biology , karst , trophic level , detritus , decomposer , predation , ecosystem , geography , paleontology
Die Bakwenagrot huisves ’n verskeidenheid organismes wat ’n ingewikkelde en verweefde voedselweb vorm. ’n Kolonie Natalse langvingervlermuise gebruik hierdie grot regdeur die jaar as blyplek. Die vlermuisguano en dooie plantmateriaal wat van buite in die grot inval, vorm die basis van die ekologie in die grot wat ook as ’n tipiese detritus-gedrewe ekostelsel beskryf kan word. Afbrekers soos bakterieë en swamme wat vir die afbraak van die guano en plantreste verantwoordelik is, word deur ’n verskeidenheid organismes, insluitend nematode en myte, as voedselbron benut. Hierdie organismes wat die volgende trofiese vlak vorm, word deur predatoriese artropode as voedselbron benut. Die Bakwenagrot is een van die weinige dolomietiese grotte in Suid-Afrika wat dit vir ‘n mens moontlik maak om tot by die grondwatervlak te kom. Die grondwater huisves verskeie tipes organismes waaronder bakterieë, swamme en diere – hoofsaaklik nematode en krustaseë. Die Bakwenagrot is ook die hoofvindplek waar varswater-amfipode in Suider-Afrika gevind is. Hierdie besondere en sensitiewe ekostelsel is hoofsaaklik van guano van die vlermuiskolonie afhanklik. Die grasveld in die gebied rondom die grot, wat as voedingsarea vir die vlermuiskolonie dien, word tans deur voorstedelike ontwikkeling en die gevolglike habitatfragmentasie en -vernietiging bedreig. Indien die vlermuise die grot sou verlaat, sal dit ’n hele domino-effek van uitsterwing van die grotbewonende organismes tot gevolg hê

The content you want is available to Zendy users.

Already have an account? Click here to sign in.
Having issues? You can contact us here