z-logo
open-access-imgOpen Access
Voornemende Wiskunde-onderwysers se metakognitiewe vaardighede tydens lesstudie in mikro-onderrig (MLS)
Author(s) -
Van der Walt,
Martha Sophia
Publication year - 2011
Publication title -
suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie/die suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2222-4173
pISSN - 0254-3486
DOI - 10.4102/satnt.v30i1.77
Subject(s) - theology , art , philosophy
Die moontlikhede wat metakognitiewe vaardighede in onderrig en leer vir die verbetering van onderrig en leer in Wiskunde inhou, is relatief onbekend aan Suid-Afrikaanse onderwysers en leerders. Die skoolkurrikulum maak nie eksplisiet voorsiening vir die fasilitering van hierdie vaardighede nie. In ’n onderwysersopleidingsinisiatief waaroor daar in hierdie artikel gerapporteer word, is voornemende laerskool Wiskunde-onderwysers in een van hul vierdejaarmetodiek-modules aan lesstudie in mikro-onderrig (MLS) bekendgestel. Die doel van die ondersoek was om die ontplooiing en toepassing van ’n metakognitiewe praktykbenadering tot MLS te ondersoek, asook om voornemende onderwysers se kennis te ontwikkel rakende hul eie onderrig van meting, vorm en ruimte, hul leerders se leer daarvan en hul kennis van die inhoud van die Wiskundekurrikulum oor grade en fases. Die data in hierdie kwalitatiewe gevallestudie is tydens klas- en groepbesprekings (beplanning), aanbiedings van en die geskrewe MLS, asook uit metakognitiewe refleksieverslae bekom. Data is georden en deurgelees, en daarna is kodes aan betekenisvolle woorde of frases toegeken. Deur sodanige ontleding is die unieke eienskappe en struktuur van die data blootgelê sodat dit beskryf, geïnterpreteer en verduidelik kon word (Nieuwenhuis 2007). Uit die resultate blyk dit dat die MLS-ervarings bygedra het tot die groep se verbeterde metakognitiewe kennis en vaardighede

The content you want is available to Zendy users.

Already have an account? Click here to sign in.
Having issues? You can contact us here