z-logo
open-access-imgOpen Access
Search engine coverage of South African and Afrikaans websites
Author(s) -
Johan Breytenbach,
Theo Macdonald
Publication year - 2010
Publication title -
suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie/die suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2222-4173
pISSN - 0254-3486
DOI - 10.4102/satnt.v29i3.15
Subject(s) - seekers , search engine optimization , search engine , business , indigenous , the internet , political science , world wide web , computer science , public relations , ecology , law , biology
Soekenjins is webgebaseerde stelsels wat gebruik word om inligting vanaf die Web te verkry. As gevolg van hul posisie tussen inligtingsoekers en inligtingverskaffers beskik soekenjins oor ekonomiese mag. Soekenjins beïnvloed die vloei van inligting – moontlike besigheidstransaksies – deur die manier waarop inligting gedek, geïndekseer, gestoor en as soekresultate verskaf word. Indien ’n soekenjin goeie dekking verskaf aan ’n sekere groep (lande of tale) ten koste van ’n ander groep, sal dit ekonomiese gevolge vir beide groepe inhou. Inligtingsoekers, moontlike kliënte, word (meestal onwetend) gelei na die inligtingverskaffers wie se webinhoud die beste gedek word, deurdat hierdie webinhoud meer gereeld as relevante soekresultate aangedui word. Dit is bekend dat sekere ontwikkelde lande en hierdie lande se tale beter dekking geniet as ander ontwikkelde lande. Hierdie studie ondersoek vir die eerste keer die dekking van ’n ontwikkelende land, Suid-Afrika, en een van sy inheemse tale, Afrikaans. Daar is bevind dat Westerse (.com) webinhoud beter gedek word as Suid-Afrikaanse webinhoud en dat Engelse webinhoud beter dekking geniet as webinhoud in Afrikaans. Daar is gevolglik ’n sydigheid van soekenjins tot voordeel van Westerse (.com) ontwikkelde lande en die Engelse taal. Die sigbaarheid van webtuistes word ook bestudeer as ’n moontlike oorsaak van soekenjins se sydigheid.

The content you want is available to Zendy users.

Already have an account? Click here to sign in.
Having issues? You can contact us here