z-logo
open-access-imgOpen Access
Orthopedics in the Graeco - Roman era
Author(s) -
Louise Cilliers,
François Retief
Publication year - 2009
Publication title -
suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie/die suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2222-4173
pISSN - 0254-3486
DOI - 10.4102/satnt.v28i2.63
Subject(s) - hippocratic oath , orthopedic surgery , medicine , ancient history , dentistry , surgery , history , psychiatry
Die gevorderde hantering van afwykings van bene en gewrigte, Ortopedie, het in Mesopotamië en veral in antieke Egipte sy ontstaan gehad. Dit was egter die Griekse geneeshere wat in die laat 5de eeu v.C. in die Hippokratiese Korpus ’n merkwaardig doeltreffende samevatting van die ortopediese beroep vasgelê het, waarop vir minstens ’n 1 000 jaar nie beduidend verbeter sou word nie. Gebaseer op die onderskeiding tussen toe en oop frakture en ontwrigtings (lg. met oorliggende velwond, en aansienlik swakker prognose) is hierdie afwykings so spoedig moontlik gereduseer (selfs deur middel van meganiese tegnieke), die oorliggende vel met seraatsalf gesmeer en dan met kompresse en verbande geïmmobiliseer. Gedurende die eerste 12 dae is die letsel herhaaldelik weer oopgemaak om die fraktuur of ontwrigting te herbelyn indien nodig. Eers hierna is ferm immobilisasie met onder andere spalke aangebring. Beduidende druk op die letsel is vermy omdat daar geglo is dat dit sepsis en gangreen aanbring. Dit is aanvaar dat genesing 20 dae (by byvoorbeeld voet-, rib- en sleutelbeenfrakture) en 40 dae (by been- en bo-armfrakture) sou duur. Benewens algemeen geldende prosedures is die spesi  eke hantering van 18 verskillende frakture en ’n groot aantal ontwrigtings in besonderhede uitgespel. Oor ander ortopediese afwykings soos degeneratiewe artritis en jig verskyn daar min in die Hippokratiese werke, maar later geneeshere in die Romeinse era (bv. Celsus, Soranus, Aretaeus en Galenus) het dit wel beskryf. Daar is aanduiding dat die hantering van siektes van gewrigte en bene by die mens (die dissipline van ortopedie in moderne terminologie) reeds in antieke Egipte deeglik bestudeer en aangeteken is. 1 Tydens die klassieke era en die Romeinse tyd is beduidende verdere bydraes gelewer. In hierdie studie word die ewolusionêre ontwikkeling van ortopedie as kliniese studierigting in die antieke tyd, onder die loep geneem

The content you want is available to Zendy users.

Already have an account? Click here to sign in.
Having issues? You can contact us here