
Visual interpretation of ASTER satellite data, Part 1: Geologic mapping in the Cradle of Humankind World Heritage Site
Author(s) -
Helena Johanna van Niekerk,
L.A. Sandham
Publication year - 2007
Publication title -
suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie/die suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2222-4173
pISSN - 0254-3486
DOI - 10.4102/satnt.v26i3.132
Subject(s) - remote sensing , advanced spaceborne thermal emission and reflection radiometer , vnir , thematic mapper , satellite , image resolution , spectral resolution , multispectral image , spectral bands , satellite imagery , multispectral scanner , thematic map , geology , environmental science , geography , hyperspectral imaging , cartography , digital elevation model , optics , physics , spectral line , astronomy
Satelliet-afstandwaarneming het ’n kragtige instrument in die geowetenskaplike navorsingsarsenaal geword sedert die eerste van die aard-observasiesatelliete in 1972 gelanseer is, maar die effektiwiteit daarvan is egter ontoereikend as gevolg van die beperkte spektrale en ruimtelike sensitiwiteit. Op 18 Desember 1999 is die Terra-platform in bedryf gestel met vyf afstandwaarnemingsinstrumente, onder andere ASTER (Advanced Spaceborne Thermal Emission and Reflection Radiometer). ASTER bestaan uit drie afsonderlike instrument-substelsels, wat met behulp van aparte optiese stelsels elk in ’n ander spektrale domein funksioneer, naamlik die Sigbare en Baie Naby-Infrarooi substelsel met 15m-ruimtelike resolusie, die Kortgolf-Infrarooi substelsel met 30m-ruimtelike resolusie en die Termiese-Infrarooi substelsel met 90m-ruimtelike resolusie. ASTER bied beter spektrale resolusie en ruimtelike resolusie as Landsat MSS, Landsat TM, Landsat ETM+ en SPOT. Hierdie artikel doen verslag oor die verbeterde kartering van litostratigrafie, geologiese strukture en mynbouverwante verskynsels wat met die visuele interpretasie van verwerkte ASTER-satellietbeelde behaal is. Die verbeterde kartering in die Wieg van die Mensdom-wêrelderfenisgebied bevestig die potensiaal van ASTER-satellietdata vir verdere toepassings deur geowetenskaplikes