z-logo
open-access-imgOpen Access
The highly unsaturated fatty acids: physiological role and clinical possibilities
Author(s) -
M. Haag,
Magdalena Coetzee
Publication year - 2006
Publication title -
suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie/die suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2222-4173
pISSN - 0254-3486
DOI - 10.4102/satnt.v25i4.169
Subject(s) - polyunsaturated fatty acid , adipocyte protein 2 , fatty acid , biochemistry , unsaturated fatty acid , eicosapentaenoic acid , arachidonic acid , chemistry , biology , endocrinology , enzyme
Vetsure speel ’n uiters belangrike rol in die fisiologie van die mens. Afgesien daarvan dat vetsure in gestoorde trigliseriede gebruik word vir energieverskaffing, word vetsure vanaf dieetlipiede in plasma vervoer en ingebou in verskeie sellulêre strukture. Die vetsuurprofiel van selmembraanfosfolipiede is bepalend by die funksie van die selmembraan daarin dat dit vloeibaarheid, reseptorfunksie en ook die tipe eikosanoïede wat daaruit gesintetiseer kan word, beïnvloed. Vetsure lewer verder ook hoogs gedifferensieerde insette in sellulêre seintransduksieprosesse en regulering van geentranskripsie. Die steriese konformasie van vetsure speel ’n groot rol hierin: die reguitketting versadigde en trans-vetsure, in vergelyking met die onversadigde vetsure met progressief meer geboë kettings, lei tot ’n verskeidenheid meganismes wat minder positiewe effekte vir ons gesondheid inhou. Die twee belangrikste families van die poli-onversadigde vetsure, naamlik die omega-3 en omega-6 vetsuurgroepe, lei ook tot verskillende effekte in dié verband. Veranderings in die patroon van dieetvetsuurinname deur die eeue het gelei tot ’n verhoogde inname van versadigde, trans- en omega-6 vetsure, relatief tot omega-3 vetsure. Kliniese proewe het in die afgelope twintig jaar bewys dat dieetaanvulling met omega-3 vetsure tot verbetering in die simptome van ’n hele aantal toestande wat as leefstylgebonde beskou word, kan lei. Aterosklerose, vetsug, diabetes mellitus tipe 2, depressie, skisofrenie, Alzheimer-siekte, aandagtekorthiperaktiwiteitsversteuring in jong kinders, sekere tipes kanker, osteoporose in bejaardes en sekere dermatologiese siektes tel onder die versteurings wat op dié manier aangespreek kan word.

The content you want is available to Zendy users.

Already have an account? Click here to sign in.
Having issues? You can contact us here