z-logo
open-access-imgOpen Access
Two-dimensional generator function for the vector cardiogram for use in volume conduction models of the thorax
Author(s) -
T.A. Geldenhuys,
M. Joubert,
Stella Viljoen,
Tania Hanekom
Publication year - 2006
Publication title -
suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie/die suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2222-4173
pISSN - 0254-3486
DOI - 10.4102/satnt.v25i3.153
Subject(s) - generator (circuit theory) , thermal conduction , function (biology) , computer science , volume (thermodynamics) , physics , power (physics) , quantum mechanics , evolutionary biology , biology , thermodynamics
’n Elektrokardiogram (EKG) meet die elektriese aktiwiteit van die hart op die veloppervlak. Volumegeleidingsmodelle van die toraks kan ontwerp word om hierdie metings te simuleer. ’n Generatorfunksie, wat die elektriese aktiwiteit van die hart beskryf, word benodig om hierdie simulasies aan te dryf. Hoewel soortgelyke simulasies van variërende kompleksiteit in die literatuur bespreek word, is daar ’n behoefte aan ’n vereenvoudigde, dog omvattende benadering wat kan dien as inleiding tot die onderwerp of vir gevalle waar ’n eerste-orde-benadering tot die probleem voldoende is. In hierdie artikel word ’n oorsig gegee oor die vektorinterpretasie van die EKG, ook bekend as ’n vektorkardiogram (VKG), in die tweedimensionele menslike frontale vlak. Die afleiding van die ekwivalente elektriese dipool (met ander woorde die kardiale vektor) vanaf die VKG, wat gebruik kan word as ’n stroombron-generatorfunksie vir volumegeleidingsmodelle wat die EKG simuleer, word bespreek. ’n Prosedure om so ’n volume-geleidingsmodel met die eindige-element-tegniek te implementeer en die vereenvoudigde tweedimensionele generatorfunksie te gebruik, sowel as die resultate daarvan, word bespreek. Die algemene kenmerke van gemete EKG-afleidings stem ooreen met dié wat deur die eenvoudige model voorspel word

The content you want is available to Zendy users.

Already have an account? Click here to sign in.
Having issues? You can contact us here