
Surgery in the Graeco-Roman era
Author(s) -
François Retief,
Louise Cilliers
Publication year - 2006
Publication title -
suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie/die suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2222-4173
pISSN - 0254-3486
DOI - 10.4102/satnt.v25i2.149
Subject(s) - medicine , hippocratic oath , history of medicine , modern medicine , surgery , general surgery , traditional medicine , psychiatry
In die Grieks-Romeinse era het mediese behandeling kenmerkend uit drie elemente bestaan, naamlik regimen (dieet en gesonde leefwyse), geneesmiddels en chirurgie – laasgenoemde alleen toegepas indien regimen en geneesmiddels onsuksesvol was. Bewyse van primitiewe chirurgie dateer terug na die Bronstydperk, en in Homerus se eposse is heelwat vermelding van die chirurgiese hantering van oorlogswonde, met tussenkoms van die gode. Met die koms van empiriese geneeskunde in die 5de eeu v.C. het chirurgie in die Hippokratiese Corpus prominent gefigureer met beduidende bydraes in veral die ortopediese veld en hoofbeserings. Uitbouing van anatomiese en fisiologiese kennis, gebaseer op disseksie van menslike kadawers in Alexandrië vanaf die laat 4de eeu v.C., het chirurgie ’n hupstoot gegee. Teen die Romeinse era vanaf die 2de eeu v.C. het snykundetegnieke (en -instrumente) beduidend verbeter, maar is steeds oorwegend deur Griekse geneeshere beoefen. Van geneeshere is steeds verwag om al drie bovermelde terapeutiese modaliteite te bemeester, maar chirurgie het meer aansien verwerf en daar is al meer in onderafdelings van chirurgie soos oogheelkunde, vrouesiektes en verloskunde, blaaskwale en mond- en keelsnykunde gespesialiseer. Militêre geneeskunde was in die Romeinse Ryk ’n belangrike aktiwiteit, en het veral traumachirurgie uitgebou. Betreding van die buik- en toraksholtes was nie meer noodwendig fataal nie, en veeartsenykunde het tot stand gekom. Die eerste beduidende chirurgiehandboek ná die Hippokratiese Corpus is in die 1ste eeu n.C. deur Celsus opgestel. Vanaf die 3de eeu het die chirurgieberoep min vordering gemaak, die beroepstaal het mettertyd van Grieks na Latyn verander en kundigheid is later veral deur Islam-geneeshere na die Middeleeue en later oorgedra