z-logo
open-access-imgOpen Access
The use of questionnaires and parasitological analyses to identify groups at low risk of becoming infected with bilharziasis and the factors that might contribute to this in a community in the endemic area in South Africa
Author(s) -
C. T. Wolmarans,
K. N. de Kock,
J Roux
Publication year - 2004
Publication title -
suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie/die suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2222-4173
pISSN - 0254-3486
DOI - 10.4102/satnt.v23i4.199
Subject(s) - bathing , schistosomiasis , schistosoma , schistosoma haematobium , age groups , demography , urine , risk factor , disease , helminthiasis , biology , medicine , immunology , schistosoma mansoni , helminths , pathology , sociology
Groepe waarvan die risiko laag is om met Schistosoma haematobium besmet te raak en die faktore wat hiertoe mag bydra, is in ’n studie in die Limpopo-provinsie in Suid-Afrika geïdentifiseer. Urinemonsters is by 623 persone waarvan 276 mans was, versamel. Skistosoom-ova is geïsoleer deur die totale urinemonster met behulp van ’n Visser Helmintfilter® te filtreer. Die geïsoleerde ova is hierna getel en per 10 ml urine uitgedruk. Inligting aangaande die persone se ouderdom, geslag, vlak van skoolopleiding, kennis van die siekte, geskiedenis van vorige antiskistosomale behandeling, besoeke aan die rivier en aktiwiteite by die rivier uitgevoer, is met behulp van ’n vraelys bekom. ’n Piek in prevalensie en intensiteit van besmetting was veral by die manlike persone in die ouderdomsgroepe 3-9 en 10-14 jaar gevind. By die ouderdomsgroep 3-9 jaar is gevind dat die beskikbaarheid van ’n toilet goed met die afwesigheid van skistosoombesmettings gekorreleer het. In die geval van die ouderdomsgroepe 10-14 en 23 jaar en ouer kon geen sodanige faktore geïdentifiseer word nie. Die beskikbaarheid van ’n huiskraan en ’n gemeenskaplike kraan het by beide die mans en vrouens in die ouderdomsgroep 15-22 jaar goed met die afwesigheid van skistosoombesmettings gekorreleer, terwyl kennis van die siekte en om in die rivier te bad onderskeidelik as faktore by die dogters in die ouderdomsgroepe 3-9 en vrouens in die ouderdomsgroep 23 jaar en ouer geïdentifiseer is, wat met die afwesigheid van besmetting gekorreleer het. Die grootste aantal manlike en vroulike indiwidue was lig besmet, terwyl slegs 3,6% van die mans en 2,7% van die vrouens swaar besmet was

The content you want is available to Zendy users.

Already have an account? Click here to sign in.
Having issues? You can contact us here