
The 2004 senior Harmony South African Mathematics Olympiad: An analysis of the results of the senio group, second round
Author(s) -
Jacobus G. Maree,
E. Olivier,
Andre Swanepoel
Publication year - 2004
Publication title -
suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie/die suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
Language(s) - Ngandi
Resource type - Journals
eISSN - 2222-4173
pISSN - 0254-3486
DOI - 10.4102/satnt.v23i3.193
Subject(s) - olympiad , harmony (color) , mathematics education , nature versus nurture , mathematics , sociology , art , anthropology , visual arts
Suid-Afrikaanse leerders se ontoereikende wiskundeprestasie is ’n bron van kommer vir elkeen wat betrokke is by leerfasilitering i wiskunde. Belanghebbendes soek ernstig na moontlike wyses waarop leerders se insig rakende en prestasie in wiskunde verbeter ka word ten einde leerders toe te rus met wiskundige vaardighede en hulle op hierdie wyse te help om ’n beter kans te hê op lewensukse In hierdie verband word wiskunde-olimpiades wêreldwyd beskou as ’n uitnemende meganisme, enersyds om talentvolle leerders identifiseer en leerders se probleemoplossingsvaardighede in wiskunde te verbeter, en andersyds om leerders voor te berei op wiskundig studierigtings in die algemeen. In hierdie artikel word enkele aspekte van die pas afgelope Harmony Suid-Afrikaanse Wiskunde olimpiade ontleed en enkele aanbevelings gemaak. ’n Belangrike gevolgtrekking wat gemaak word, is dat die Harmony Suid-Afrikaans Wiskunde-olimpiade in ’n groot mate in sy doel slaag, maar nie naastenby soveel leerders en opvoeders bereik as waarop ’n mens so wou hoop nie. Die ideale van die Harmony Suid-Afrikaanse Wiskunde-olimpiade kan waarskynlik slegs bereik word indien alle sko van toereikende fasiliteite voorsien word en die standaard van wiskundeonderrig op nasionale vlak terselfdertyd toepaslik verbete word. Spoedige en indringende gesprek en herbesinning deur alle betrokke partye is daarom dringend noodsaaklik