z-logo
open-access-imgOpen Access
The mother as hidden regulator
Author(s) -
Annîe Panzer,
Margaretha Viljoen
Publication year - 2003
Publication title -
suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie/die suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2222-4173
pISSN - 0254-3486
DOI - 10.4102/satnt.v22i4.218
Subject(s) - neuroscience , limbic system , psychology , ventral tegmental area , novelty , dominance (genetics) , developmental psychology , social psychology , central nervous system , biology , biochemistry , dopaminergic , dopamine , gene
’n Menslike baba word met ’n besonder onvolwasse brein gebore en is afhanklik van ’n intense regulerende interaksie met sy of haar moeder (of primêre versorger) vir optimale breinmaturasie. In die kort termyn dra moederlike regulering by tot ’n vroliker baba, terwyl dit in die lang termyn lei tot internalisering en ontwikkeling van selfreguleringsvaardighede. Hierdie vermoë om die eie gemoedstoestand te reguleer is geskoei op die ontwikkeling van regterorbitofrontale dominansie van beide limbiese bane, naamlik die eksitatoriese simpatiese ventrale tegmentale baan en die inhiberende parasimpatiese laterale tegmentale baan. Sodanige ontwikkeling stel die kind in staat om onstuimige emosies te kalmeer deur die parasimpatiese stelsel te aktiveer, en om terugslae te oorwin, deur die simpatiese stelsel te aktiveer. Die moeder beïnvloed die parsellering van die twee limbiese stelsels in die kind se ontwikkelende orbitofrontale korteks, en daarmee dus die permanente eksitasie-inhibiese outonome balans van sy of haar prefrontolimbiese reguleringstelsel. Herhaalde ongereguleerde emosionele toestande in die oefentydperk van 12 tot 18 maande vorm die basis van verskeie sielkundige en psigiatriese afwykings in volwassenheid. Dit is kommerwekkend dat baie kinders hierdie kritieke tydperk deurgaan in kleuterskole, waar ’n gebrek aan voldoende volwasse personeel daartoe kan lei dat ’n kind se emosies herhaalde kere nie gemoduleer word nie, met nadelige gevolge vir die internalisering van sy of haar toekomstige selfreguleringsvaardighede

The content you want is available to Zendy users.

Already have an account? Click here to sign in.
Having issues? You can contact us here