
The protection of biological diversity by using the variation in sensitivity of species for toxic substances
Author(s) -
A. J. Reinecke,
S. A. Reinecke
Publication year - 2003
Publication title -
suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie/die suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2222-4173
pISSN - 0254-3486
DOI - 10.4102/satnt.v22i4.217
Subject(s) - extrapolation , sensitivity (control systems) , biodiversity , global biodiversity , variation (astronomy) , quality (philosophy) , diversity (politics) , ecology , biology , statistics , mathematics , political science , engineering , law , philosophy , physics , epistemology , electronic engineering , astrophysics
Pogings om algemeen geldende standaarde of maatstawwe vir omgewingskwaliteit op te stel vir die beskerming van Suid-Afrika se ryk biodiversiteit word bemoeilik deur die feit dat spesies baie kan verskil ten opsigte van hulle gevoeligheid vir toksiese stowwe. Daar kan dus nie sonder meer vanaf een spesie na ’n ander geëkstrapoleer word nie. Deur egter juis gebruik te maak van hierdie variasie in gevoeligheid van spesies, kan die assessering van die risiko wat besoedelingstowwe vir organismes inhou wel op ’n meer wetenskaplike grondslag bedryf word. Hierdie konsep gaan uit van die standpunt dat indien kwaliteitskriteriums opgestel word wat die sensitiefste spesies beskerm, alle ander spesies outomaties beskerm word. Hierdie bydrae fokus op die gebruik van sensitiwiteitsverspreidings van spesies as metode en kyk oorsigtelik en krities na die aard en toepassings van die ekstrapolasiemodelle wat op hierdie verspreidings gebaseer is. Die moontlike aanwending daarvan en die argumente ten gunste daarvan en daarteen word bespreek. Die gevolgtrekking word gemaak dat spesie-sensitiwiteitsverspreidings wel nuttige aanwending kan vind, maar dat gegewens oor die gevoeligheid van plaaslike spesies baie skaars is. Hoewel dit reeds bruikbaar is, kan die algemene aanwending daarvan in Suid-Afrika aansienlik uitgebrei word indien meer navorsing gedoen word om betroubare toksisiteitsgegewens vir verskillende spesies in te win, sodat die model meer verfyn kan word. Daarvoor moet gestandaardiseerde toksisiteitstoetse vir plaaslike spesies eers ontwikkel word