
<i>There is a tide in the affairs of men<i/> ... The challenge of devising effective and fair(er) selection mechanisms
Author(s) -
Jacobus G. Maree
Publication year - 2003
Publication title -
suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie/die suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2222-4173
pISSN - 0254-3486
DOI - 10.4102/satnt.v22i1.206
Subject(s) - disadvantaged , higher education , disadvantage , government (linguistics) , population , institution , political science , selection (genetic algorithm) , test (biology) , medical education , psychology , public relations , medicine , sociology , law , demography , computer science , paleontology , philosophy , linguistics , artificial intelligence , biology
Navorsing rakende die toelating van studente tot studierigtings aan tersiêre instansies is aanvanklik primêr gefokus op ’n soeke na meganismes om die aantal risikostudente betekenisvol te verminder – ’n uiters komplekse aangeleentheid. Onlangse veranderings in die Suid-Afrikaanse samelewing noodsaak tersiêre inrigtings om innoverend oor hul eie aard en doelstellings te dink. Die fokus is tans veral op moontlike wyses om die tradisioneel agtergeblewe deel van die Suid-Afrikaanse samelewing ’n billiker kans te gee op toelating tot en die behaal van sukses aan tersiêre instansies. Die druk op tersiêre instansies om te sorg dat die demografie van die studentekorps aan tersiêre instansies meer verteenwoordigend van die algemene bevolking raak, neem hand-oor-hand toe. Keuring van studente in studierigtings soos medies, tandheelkunde, ingenieurswese en sielkunde sal waarskynlik in die afsienbare toekoms in die brandpunt bly, aangesien die verhouding swart : wit studente wat tot hierdie studierigtings toegelaat word, steeds heeltemal ontoereikend (ten koste van swart studente) is en nie naastenby in lyn met die doelwitte wat deur regeringslui gestel word nie. Die navorsers ondersoek in die onderhawige artikel die prestasie van senaatsdiskresionêre studente aan die Fakulteit Opvoedkunde van die Universiteit van Pretoria en kom tot die gevolgtrekking dat nóg ’n minimum M-telling van 11, nóg ’n toelatingstoetspunt tersiêre prestasie akkuraat voorspel. Uitkomsgebaseerde Onderrig en veranderende wyses van assessering en ‘bepunting’ in Graad 12 maak die situasie ingewikkelder. ’n Nasionale tweejaarstrategie word bepleit om die eskalerende uitdaging van billike keuring en toelating tot tersiêre opleidingsinstansies te fasiliteer