
The evolution game: A simple algorithm for the determination of an evolutionary stable strategy
Author(s) -
S. W. Schoombie,
Morkel Erasmus
Publication year - 2002
Publication title -
suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie/die suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2222-4173
pISSN - 0254-3486
DOI - 10.4102/satnt.v21i4.240
Subject(s) - evolutionarily stable strategy , simple (philosophy) , set (abstract data type) , population , basis (linear algebra) , computer science , evolution strategy , evolutionary game theory , process (computing) , game theory , mathematical optimization , evolutionary algorithm , mathematical economics , mathematics , artificial intelligence , philosophy , demography , geometry , epistemology , sociology , programming language , operating system
As gevolg van die ingewikkelde aard van genetiese modelle om die rol van redelik komplekse oorlewingstrategieë van lewende organismes in die evolusieproses te beskryf, word daar dikwels van spelteoriebeginsels gebruik gemaak. In sulke gevalle is dit belangrik om te kan vasstel watter strategie uit ’n versameling van moontlike strategieë optimaal sal wees, in die sin dat bevolkings wat almal hierdie strategie volg, nie verdring sal kan word deur individue wat enige ander moontlike strategie uit die toelaatbare versameling volg nie. So ’n strategie staan bekend as ’n Evolusionêr Stabiele Strategie (ESS), en heelwat navorsing is al gedoen oor die eienskappe van ’n ESS, vir sover dit gekoppel kan word aan wiskundige bevolkingsgroeimodelle. In hierdie artikel bespreek ons ’n eenvoudige algoritme waarmee ’n ESS bereken kan word in die geval van nieliniêre diskrete modelle waarin ’n enkele strategieveranderlike voorkom. Ons gee onder meer ook die teoretiese grondslag van die algoritme, en wys dat dit selfs in betreklike komplekse bevolkingsituasies sal werk