z-logo
open-access-imgOpen Access
Distribution and habitats of Bulinus tropicus, snail intermediate host of the conical fluke Calicophoron microbothrium, in South Africa
Author(s) -
K. N. de Kock,
C. T. Wolmarans,
M. S. Bornman,
D. C. Maree
Publication year - 2002
Publication title -
suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie/die suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2222-4173
pISSN - 0254-3486
DOI - 10.4102/satnt.v21i4.236
Subject(s) - bulinus , habitat , ecology , snail , freshwater snail , biology , population , distribution (mathematics) , intermediate host , host (biology) , geography , zoology , schistosoma haematobium , helminths , demography , schistosomiasis , mathematical analysis , mathematics , sociology
Hierdie artikel fokus op die geografiese verspreiding en habitats van Bulinus tropicus, die slaktussengasheer van die peervormige bot, Calicophoron microbothrium. Bulinus tropicus is die varswaterslakspesie met verreweg die wydste geografiese verspreiding, soos gereflekteer deur die vindplekke van die 7 992 monsters wat tans in die databasis van die Nasionale Varswaterslakversameling (NVV) van Suid-Afrika op rekord is. Die voorkoms van hierdie spesie is deur versamelaars in ’n totaal van 14 waterliggaamtipes opgeteken, maar die grootste getal monsters is in damme en spruite en in habitats waarvan die water as staande, helder en vars beskryf is, versamel. Die effekgrootte van elke veranderlike is afsonderlik bereken om die rol daarvan in die bepaling van die verspreiding van hierdie spesie vas te stel. Die data in die databasis is verder verwerk en aangepas om ’n geïntegreerde besluitnemingsboom saam te stel. Dit is ’n statistiese model waarvolgens ’n seleksie van veranderlikes gemaak kan word wat maksimaal kan diskrimineer tussen die voorkomsfrekwensie van ’n gegewe spesie en die res van die spesies in die databasis. Die sukses van B. tropicus soos gereflekteer deur sy omvangryke geografiese verspreiding, is waarskynlik toe te skryf aan die omstandigheid dat hierdie spesie grootliks r-geselekteerd is soos onteenseglik in bevolkingsdinamikastudies deur verskeie outeurs bevind is. Daarbenewens beskik die spesie oor’n besondere vermoë om opdroging van ’n habitat vir relatief lang tydperke te kan oorleef. Dit kom egter voor asof sy beperkte verdraagsaamheid ten opsigte van water met ’n relatief lae geleidingsvermoë, moontlik as ’n beperkende faktor vir sy besetting van bepaalde gebiede in Suid-Afrika mag optree. As tussengasheer vir C. microbothrium, wat paramphistomose by vee veroorsaak en soms tot groot verliese kan lei, het die wye verspreiding van B. tropicus in Suid-Afrika egter ook ekonomiese implikasies, veral vir inwoners van informele, landelike nedersettings wie se vee tradisioneel ’n integrale deel van hul daaglikse bestaan uitmaak

The content you want is available to Zendy users.

Already have an account? Click here to sign in.
Having issues? You can contact us here