
The in vitro evaluation of the efficacy of five plants traditionally used for the treatment of sexually transmitted diseases
Author(s) -
H.J. Swart,
Sandra van Dyk,
Sarel F. Malan
Publication year - 2002
Publication title -
suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie/die suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2222-4173
pISSN - 0254-3486
DOI - 10.4102/satnt.v21i1.223
Subject(s) - micrococcus luteus , traditional medicine , biology , medicinal plants , candida albicans , neisseria gonorrhoeae , staphylococcus aureus , medicine , microbiology and biotechnology , bacteria , genetics
Tot soveel as 60% van die Suid-Afrikaanse bevolking raadpleeg tradisionele genesers vir siektetoestande, insluitende seksueel oordraagbare siektes (SOS). Medisinale plante speel ’n belangrike rol in die behandeling van SOS deur tradisionele genesers, maar sonder enige wetenskaplike bewyse van effektiwiteit. Vir hierdie studie is 5 plante vanuit die literatuur gekies op grond van hul gebruik deur tradisionele genesers vir die behandeling van SOS. Siftingstoetse vir die bepaling van aktiwiteit teen bakterieë en teen SOS is op die plante uitgevoer. Die plante was Clematis brachiata, Elephantorrhiza elephantina, Lepidium bonariense, Ranunculus multifidus en Typha capensis. Siftingstoetse is uitgevoer met die organismes Candida albicans, Neisseria gonorrhoeae en Haemophilus ducreyi wat met SOS geassosieer word, terwyl Bacillus subtilus, Micrococcus luteus, Staphylococcus aureus, Enterobacter sp., Escherichia coli, Klebsiella pneumoniae, Pseudomonas aeruginosa en Aspergillus niger ook in die siftingstoetse ingesluit is. Slegs Lepidium bonariense het aktiwiteit teen die gebruikte organismes getoon. Dit is dus duidelik dat daar ’n behoefte bestaan om die effektiwiteit van medisinale plante wetenskaplik te bepaal en te kommunikeer