
Estimation of the batting ability of South African international one-day cricket players
Author(s) -
Hermanus H. Lemmer
Publication year - 2001
Publication title -
suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie/die suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2222-4173
pISSN - 0254-3486
DOI - 10.4102/satnt.v20i2.250
Subject(s) - weibull distribution , cricket , statistics , mathematics , distribution (mathematics) , mathematical analysis , ecology , biology
Daar word aangetoon dat die internasionaal aanvaarde gebruik om ’n kolwer se vermoë te beraam deur sy gemiddeld gebaseer op sogenaamde voltooide beurte, dit wil sê sy totale getal lopies gedeel deur die aantal keer wat hy uit was, berus op die aanname dat sy tellings ’n eksponensiaalverdeling besit. Die meer algemene gamma- en Weibullverdelings gee egter beter passings en is ook meer sinvol om te gebruik aangesien nie-uit-nie-tellings op ’n meer bevredigende manier hanteer word. Beramings word gemaak van die S.A. internasionale eendagspelers gebaseer op data tot aan die einde van Augustus 2000. Daarvolgens is Klusener die beste kolwer met ’n beraamde gemiddeld heelwat hoër as Kirsten s’n, hoewel hulle volgens die gewone metode ongeveer dieselfde gemiddeld het. Die Weibullverdeling word aanbeveel as ’n baie geskikte model