z-logo
open-access-imgOpen Access
Legumes and disease in the Graeco-Roman world
Author(s) -
François Retief,
Louise Cilliers
Publication year - 2001
Publication title -
suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie/die suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2222-4173
pISSN - 0254-3486
DOI - 10.4102/satnt.v20i1.244
Subject(s) - lathyrus , traditional medicine , medicine , biology , botany
Peulplante, wat in Grieks-Romeinse tye ’n voedsame stapelvoedsel was, het ingesluit boerbone (Vicia fava)en waarskynlik bone van die Phaseolus-genus, lensies(Lens culinaris), ertjies(Pisium sativum), peulertjies(Cicer arietinum) en ertjies van die Lathyrus-genus,o.a. grasertjies(Lathyrus sativus). Wiek(Vicia ervilia)is slegs in tye van hongersnood geëet. Simptome en siekteprobleme geassosieer met inname van peulplante word behandel. Dit het mindere probleme soos buikwinderigheid en gewaande komplikasies soos seksuele abnormaliteite, swangerskapsprobleme, slegte drome en afstomping van die sintuie ingesluit. In die 5de eeu v.C. het die Hippokratiese skrywers in die geskrif Epidemies II egter tydens hongersnood onomkeerbare verlamming van die bene by die inwoners van Ainos bemerk, toe hul grotendeels van peulplante moes leef. Dit word beredeneer dat hierdie siekte latirisme was, ’n neurologiese komplikasie veroorsaak deur die inname van groot hoeveelhede grasertjies. Die verbod wat Pythagoras in die 6de eeu v.C. op kontak met boerbone geplaas het, mag verband hou met favisme (’n boerboon gepresipiteerde siektebeeld by persone met G6PD-gebrek, volop in die Mediterreense lande), maar kon ook ’n misties-religieuse grondslag gehad het, gebaseer op die groot bygeloof wat aan boontjies,die gewaande oorsprong van die menslike siel, gekoppel was

The content you want is available to Zendy users.

Already have an account? Click here to sign in.
Having issues? You can contact us here