
Elektronpresipitasie in die bo-atmosfeer te Sanae
Author(s) -
P. H. Stoker
Publication year - 1995
Publication title -
suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie/die suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2222-4173
pISSN - 0254-3486
DOI - 10.4102/satnt.v14i3.613
Subject(s) - ionosphere , electron , physics , electron precipitation , atomic physics , absorption (acoustics) , wavelength , cosmic ray , astrophysics , spectral line , atmospheric sciences , astronomy , plasma , magnetosphere , optics , nuclear physics
Liguitstraling vanaf auroras word veroorsaak deur botsingsprosesse van elektrone met atmosferiese bestanddele in die E - en F - lae van die ionosfeer, hoofsaaklik bo 100 km hoogte. Dit volg uit studies van spektraallyne van auroras. Die absorpsie van omtrent tien meter golflengte kosmiese radioruis vind oorwegend onder 90 km hoogte plaas. Hierdie waarnemings wat met riometers gedoen word, is die gevolg van ’n toename in elektrondigthede in die ionosferiese D - laag. Omdat uitstraling en absorpsie deur presipiterende elektrone in verskillende energiegebiede veroorsaak word, kan uit gelyktydige waarnemings van aurorauitstraling en aurora-absorpsie inligting omtrent die spektrum en veranderinge in die spektrum van invallende elektrone afgelei word. In hierdie artikel word korrelasiestudies in tyd en in ruimtelike uitgebreidheid van auroragebeurtenisse bespreek. Die studie is te Sanae, Antarktika, moontlik gemaak deur die gebruik van hoëtegnologie met vinnige monstering van syferdata vanaf beeldriometers met smal kykrigtings en TV-stelsels met lae ligvlakke