
Die gebruik van anaboliese steroïede by ramlammers
Author(s) -
J.P.C. Greyling
Publication year - 1993
Publication title -
suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie/die suid-afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2222-4173
pISSN - 0254-3486
DOI - 10.4102/satnt.v12i1.550
Subject(s) - anabolism , body weight , testosterone (patch) , anabolic steroid , weaning , zoology , nandrolone , medicine , endocrinology , chemistry , biology
'n Ondersoek na die invloed van die behandeling met anaboliese steroïede op sekere ligaamsmate van ramlammers is ingestel. Twintig Ile de France-ramlammers is ewekansig, na speen (3 maande) in twee groepe verdeel. Die eerste groep{n= 10) is weekliks vir 'n periode van 12 weke met 'n anaboliese steroïed (50 mg nandroloonlauraat) binnespiers ingespuit. Die tweede groep (n - 1 0 ) het as kontrole gedien. Weeklikse mate wat geneem is, het skrotumomtrek, skrotumvolume, skouerbreedte, skouerhoogte, liggaamslengte en serumtestosteroonkonsentrasie ingesluit. Behandeling met steroïede het die skouerhreedte (22,8 22,0 cm), skouerhoogte (61,7 vs. 60,8 cm), liggaamslengte (72,8 vs. 70,2 cm) of liggaamsmassa (42,5 vs. 39,8 kg) nie betekenisvol verhoog nie. Die skrotumomtrek en skrotumvolume was betekenisvol (P < 0,0l) laer in die behandelde groep - 'n verskil van 24,5% en 51,2% respektiewelik. Geen betekenisvolle verskil in serumtestosteroonkonsentrasie tussen groepe is waargeneem nie