
Towards validation of a Theory: The Relation of Aesthetic preference and Occupational group membership to time Orientation
Author(s) -
Antoinette L. Theron
Publication year - 1983
Publication title -
sa journal of industrial psychology
Language(s) - Spanish
Resource type - Journals
eISSN - 2071-0763
pISSN - 0258-5200
DOI - 10.4102/sajip.v0i0.350
Subject(s) - social psychology , psychology , theology , mathematics , philosophy
Die verband tussen vier tydoriëntasiestyle en voorkeur vir vier groepe van non-figuratiewe skilderye en vier beroepskeuses is bepaal ten einde vas te stel of tydoriëntasie 'n geldige klassifikasiedimensie van gedrag is. Variansieontleding (N = 140) toon verskille aan tussen kompleksdinamiese tydoriëntasiestyle en voorkeur vir kompleksdinamiese skilderye. 'n Gebeurlikheidsontleding dui positiewe korrelasies tussen kompleks-dinamiese tydoriëntasiestyle en geassosieerde beroepsgroepe aan en ook positiewe korrelasies tussen minder kompleksdinamiese tydoriëntasiestyle en beroepsgroepe wat konseptueel daarmee geassosieer kan word. Die resultate toon aan dat tydoriëntasie geldig mag wees vir die klassifikasie van beroepsgroepe en gedeeltelik geldig vir die klassifisering van estetiese voorkeur