
Die aard en voorkoms van middeloorpatologieë in laerskole vir normaalhorende Blanke kinders
Author(s) -
C. A. Cilliers,
Deon Rossouw,
Santie Meyer,
Marina Hurter
Publication year - 1988
Publication title -
south african journal of communication disorders
Language(s) - German
Resource type - Journals
SCImago Journal Rank - 0.296
H-Index - 11
eISSN - 2225-4765
pISSN - 0379-8046
DOI - 10.4102/sajcd.v35i1.303
Subject(s) - theology , philosophy
Die doel van hierdie studie is om vas te stel wat die aard en voorkoms van middeloorprobleme by graad 1 en 2 Blanke kinders is. Siftingsoudiometrie is op 50 leerlinge (100 ore), in 'n hoë, en 50 leerlinge (100 ore) in 'n lae sosio-ekonomiese omgewing uitgevoer. Alle leerlinge wat 'n eerste oudiometriese siftingsprosedure gefaal het, is aan 'n tweede siftingsprosedure onderwerp. Uit die resultate blyk dit dat 19,5% uitgeval het op die oudiologiese siftingstoetse. 'n Otologiese ondersoek het 8,5% van hierdie kinders geidentifiseer as kinders met middeloorprobleme. Daar was nie statisties beduidende verskille tussen die verskillende sosio-ekonomiese groepe nie.