z-logo
open-access-imgOpen Access
'n Oudiovisuele analise van woordverdeelherhalings by hakkelaars
Author(s) -
Maggi van Wyk
Publication year - 1978
Publication title -
south african journal of communication disorders
Language(s) - German
Resource type - Journals
eISSN - 2225-4765
pISSN - 0379-8046
DOI - 10.4102/sajcd.v25i1.373
Subject(s) - theology , philosophy , art
'n Oudiovisuele analise van woorddeelherhalings wat in spraakopnames van 18 hakkelaars voorgekom het, is gemaak. Hierdie gedragsvorm is 'n belangrike diagnostiese kriterium van hakkelspraak. Buiten die voorkomsfrekwensie is veral ook die aard en plek van voorkoms van onderbrekings belangrike faktore in die diagnose van hakkel. Kliniese waarnemings beklemtoon dat die woorddeelherhalings van hakkelaars van die van nie-hakkelaars onderskei kan word deur o.a. tempoverskille,onreelmatigheid, gebrek aan oorgangsformante,  die gebruik van die schwa-vokaal en die voorkoms van benaderingsgedrag. Ouditiewe parameters asook spektrogramme is gebruik om die hipotese te bevestig dat die tempo van woorddeelherhalings verskil van die tempo waarteen die vloteenhede van spraak geuiter word. Ook is hierdie herhalings opmerklik onreelmatig en het die verlangde oorgangsformante  nie by herhalingseenhede voorgekom nie. Dit is egter nie die schwavokaal wat gebruik word nie en dit is onwaarskynlik dat die herhalings dien as benadering tot die verlangde oorgang. Hierdie bevindings is van belang vir die differensiaaldiagnose tussen hakkelspraak en normale onvlotheid

The content you want is available to Zendy users.

Already have an account? Click here to sign in.
Having issues? You can contact us here