
'n Neuro-evolusionêre en neurofisiologiese benadering tot die ondersoek en behandeling van verworwe disartrie
Author(s) -
Anita van der Merwe
Publication year - 1976
Publication title -
south african journal of communication disorders
Language(s) - German
Resource type - Journals
SCImago Journal Rank - 0.296
H-Index - 11
eISSN - 2225-4765
pISSN - 0379-8046
DOI - 10.4102/sajcd.v23i1.386
Subject(s) - theology , art , philosophy
Die konvensionele benadering tot verworwe disartrie soos dit gevind word in die literatuur word kortliks bespreek. Die noodsaaklikheid vir 'n gewysigde benadering wat praktiese leidrade aan die spraakterapeut sal verskaf, word beklemtoon. Die opkoms van die neuroevolusioner-gefundeerde benadering tot serebrale verlamming, met ander woorde, tot kongenitale disartrie, word genoem. Sover bekend, is daar geen georganiseerde gegewens in die literatuur wat die neuro-evolusie van spraakmotoriek blootle vanaf die mees outomatiese, mees georganiseerde en mees eenvoudige vlak tot die meer willekeurige, meer komplekse, en minder georganiseerde vlak van funksionering nie. Bekende gegewens in verband met spraak is hipoteties georden en 'n hierargiese spraakskema is opgestel wat die neuro-evolusie van spraak blootle. Op grond van die skema en met inagneming van neuro-fisiologiese disfunksies, is 'n ondersoek program opgestel wat die spraakprobleem van die verworwe disartriegeval in sy geheel ondersoek. Behandeling geskied aan die hand van die riglyne wat die skema aandui. Deur die gebruik van toepaslike spraakterapeutiese metodes word beoog om 'n herevolusie te bewerkstellig waar moontlik.