
'n Elektromiografiese analise van die lipfunksies van die gesplete lip-geval
Author(s) -
Wilma Uys
Publication year - 1972
Publication title -
south african journal of communication disorders
Language(s) - German
Resource type - Journals
SCImago Journal Rank - 0.296
H-Index - 11
eISSN - 2225-4765
pISSN - 0379-8046
DOI - 10.4102/sajcd.v19i1.413
Subject(s) - theology , die (integrated circuit) , philosophy , engineering , mechanical engineering
'n Elektromiografiese analise van die lipfunksies van 'n groep gesplete lipgevalle, is vergelyk met die van 'n groep sonder so 'n strukturele afwyking.Die toetsmateriaal het basiese bewegings van die lippe wat onderliggend is aan die bemeestering van labiale en labiodentale artikulasie, asook die uitvoering van sodanige artikulatoriese bewegings, beslaan.Nadat syferwaardes aan die kwalitatiewe evaluasie (volgens die skaal van Basmajian) geheg is, kon rekenkundige gemiddeldes verkry word. Hieruit blyk dit dat die eksperimentele groep minder spierspanning vertoon in die uitvoering van lipfunksies as die kontrole groep. Omdat daar geen grense vir normaliteit bestaan nie, kan die mate van spanning egter nie as afwykend beskou word nie. Leidrade vir terapie kan uit die analise verkry word en ook 'n moontlike maatstaf vir objektiewe beoordeling van die geslaagdheid van die operasietegnieke.