
'n Ondersoek na sekere biolinguistiese verskynsels by hakkel
Author(s) -
I. C. Uys
Publication year - 1970
Publication title -
south african journal of communication disorders
Language(s) - German
Resource type - Journals
SCImago Journal Rank - 0.296
H-Index - 11
eISSN - 2225-4765
pISSN - 0379-8046
DOI - 10.4102/sajcd.v17i1.427
Subject(s) - theology , philosophy
Verskeie navorsingsprojekte het al gepoog om die voorkoms van hakkel in verskillende kulture vas te stel, sonder om 'n verklaring van die voorkoms en aard van hakkelgedrag deur middel van 'n biolinguistiese benadering aan te bied. Linguisties-fonetiese faktore, soos vokale aanvangsmetodes, dui op 'n verskil tussen Afrikaans en Engels. Die harde aanset van aanvangsvokale in Afrikaans blyk 'n oorsaak te wees van 'n verhoogde voorkoms van hakkel op aanvangsvokale. 'n Biologiese proses (laringeale spanning, glottale afsluiting en verhoogde subglottale lugdruk) aan die een kant en 'n linguistiese verskynsel (die spesifieke eienskappe van foneem-realisering in verskillende tale) aan die ander kant, veroorsaak klaarblyklik die patologiese reaksie (laringeale hakkel).