z-logo
open-access-imgOpen Access
Die grondteks van die Afrikaanse Nuwe Testament
Author(s) -
J.H. Petzer
Publication year - 1985
Publication title -
literator
Language(s) - German
Resource type - Journals
SCImago Journal Rank - 0.126
H-Index - 4
eISSN - 2219-8237
pISSN - 0258-2279
DOI - 10.4102/lit.v6i3.924
Subject(s) - theology , philosophy , art
Voordat daar met die vertaling van 'n dokument begin kan word, is dit noodsaaklik om die teks, die presiese bewoording van die dokument, vas te stel. Die vasstelling van die teks is soveel te meer belangrik wanneer die dokument wat vertaal word, 'n ou dokument is, wat voor die uitvinding van die boekdrukkuns geskryf is en waarvan die oorspronklike dokument reeds verlore is. So 'n dokument is van geslag tot geslag deur middel van handkopieë oorgelewer en in hierdie kopieproses het daar talle foute in die manuskripte van die betrokke dokument ingesluip. Aangesien die oorspronklike verlore is, moet alle beskikbare manuskripte van so 'n dokument versamel word, en met mekaar vergelyk word. Op die plekke waar hierdie manuskripte van mekaar verskil, moet dan bepaal word watter manuskrip waarskynlik die lesing van die oorspronklike dokument bevat. Nadat daar op hierdie wyse bepaal is wat die presiese bewoording van die oorspronklike dokument was, kan daar eers met die vertaling van die betrokke dokument begin word. Hierdie probleem staar alle vertalers van klassieke dokumente, maar ook vertalers van die Nuwe (en Ou) Testament in die gesig

The content you want is available to Zendy users.

Already have an account? Click here to sign in.
Having issues? You can contact us here