z-logo
open-access-imgOpen Access
Kinderlektuur en biblioterapie
Author(s) -
C. Lohann
Publication year - 1985
Publication title -
literator
Language(s) - German
Resource type - Journals
SCImago Journal Rank - 0.126
H-Index - 4
eISSN - 2219-8237
pISSN - 0258-2279
DOI - 10.4102/lit.v6i2.910
Subject(s) - theology , philosophy , art
Daar is baie mense, en onder hulle selfs opvoeders, letterkundiges en bibliotekarisse, wat kinderlektuur sien as ’n blote middel vir die kind om die tyd mee te verdryf of om te gebruik vir die genot wat 'n storie gewoonlik bied. In die akademiese wêreld is dit eweneens niks vreemds dat die mening soms bestaan dat die kinderlektuur 'n terrein is wat darem nie werklik geskik is vir ernstige studie of navorsing nie. By die moderne universiteit is dit dikwels vir studente ’n verleentfieid om kinderlektuur te bestudeer, omdat hulle die spot van maats moet verduur as hulle hul met kinderstories ophou. In al hierdie gevalle is die uitgangspunt min of meer die volgende: Watter intelligente en regdenkende mens, wat akademies en intellektueel al 'n bepaalde vlak bereik het, sou verkies om hom met hierdie beuselagtige, eenvoudlge dinge van die kind op te hou as hy in staat is om veel belangriker en ingewikkelder terreine te bestudeer

The content you want is available to Zendy users.

Already have an account? Click here to sign in.
Having issues? You can contact us here