z-logo
open-access-imgOpen Access
Die resensent as deel van die literêre kommunikasieproses
Author(s) -
H.P. Van Coller
Publication year - 1984
Publication title -
literator
Language(s) - German
Resource type - Journals
SCImago Journal Rank - 0.126
H-Index - 4
eISSN - 2219-8237
pISSN - 0258-2279
DOI - 10.4102/lit.v5i2.916
Subject(s) - theology , art , philosophy , mathematics
Die leser neem vandag ’n belangrike plek in binne literatuurondersoek; in baie resente literêre benaderings word hy trouens sentraal geplaas. 'n Hele ontwikkelingsgang voltrek hom sodoende op die gebied van die literatuurteorie in die afgelope hondcrd jaar: die fokus verskuif van die outeur (positivisme) na die teks (outonomisme) en uiteindelik na die leser. Dit is toe te skryf aan die besef dat 'n literêre teks ’n artefakt is wat deur 'n leser omskep word tot ’n estetiese objek en dal ’n literêre teks se bestaan belangrike ontologiese vrae oproep: onafhanklik van ons belewing daarvan bestaan die teks nie werklik nie. Lesers kan vandag in twee kategorieë verdeel word, nl. passiewe lesers wat hul leeservaring nie openbaar maak nie, en sg. aktiewe lesers wat hul resepsie wel verwoord. Die laasgenoemde groep word weer verdeel in produktiewe lesers en reproduserertde lesers. Ons laat die produktiewe lesers wat nuwe literêre tekste skep, verder ter syde; reproduserende lesers interesseer ons juis omdat hulle hul resepsies verwoord in die vorm van wetenskaplike analises, voordragte en resensies

The content you want is available to Zendy users.

Already have an account? Click here to sign in.
Having issues? You can contact us here