Open Access
Tipering as literatuurwetenskaplike beskrywingsmetode
Author(s) -
T. van der Merwe
Publication year - 1983
Publication title -
literator
Language(s) - German
Resource type - Journals
SCImago Journal Rank - 0.126
H-Index - 4
eISSN - 2219-8237
pISSN - 0258-2279
DOI - 10.4102/lit.v4i3.977
Subject(s) - theology , art , lees , philosophy , visual arts , wine
Uit die lees van resensies en literêre beskouinge van die afgelope twee tot Drie dekades blyk dit dat resensente en kritici ’n probleem ondervind om die moderne Afrikaanse kort prosastuk te tipeer. Waar Afrikaanse kort prosastukke voor die verskyning van 21 van Jan Rabie in 1956, maklik as “kortverhaal”, “skets”, “essay” of “novelle” getipeer kon word, is dit blykbaar deesdae al moeiliker om hulle te kategoriseer. Chris Barnard (1973:91) voer ’n moontlike rede hiervoor aan as hy sê: “Die vorm het vloeibaarder geword ... die grondstof (het) in die meeste gevalle verander.