
Outobiografie as hermeneutiek van die self: Van Rousseau tot Le Clézio
Author(s) -
Elisabeth Snyman
Publication year - 2015
Publication title -
literator
Language(s) - German
Resource type - Journals
SCImago Journal Rank - 0.126
H-Index - 4
eISSN - 2219-8237
pISSN - 0258-2279
DOI - 10.4102/lit.v36i1.1131
Subject(s) - hermeneutics , biography , subjectivity , interpretation (philosophy) , subject (documents) , philosophy , cogito ergo sum , humanism , cornerstone , literature , order (exchange) , self , representation (politics) , epistemology , history , art , linguistics , theology , politics , law , economics , archaeology , finance , library science , computer science , political science
Hierdie artikel ondersoek die hipotese dat outobiografie as ’n soort hermeneutiek van die self beskou kan word. Vir hierdie doel word ’n seleksie van Franse outobiografieë behandel. Aangesien hierdie studie ’n verwerking van ’n intreerede is, is dit oorsigtelik van aard en poog dit nie om ’n gedetailleerde ontleding van óf die teorie óf die tekste waarna verwys word, te gee nie. Jean-Jacques Rousseau se Confessions, wat allerweë as een van die hoekstene van die moderne outobiografie beskou word, is as vertrekpunt gebruik vir die interpretasie van verstaanshandelinge ingebed in outobiografiese tekste. Die artikel toon voorts aan hoe die skrywers van die res van die korpus op verskillende wyses Rousseau se historiese model bevraagteken in aansluiting by nuwer denkwyses. So word daar aangetoon dat George Perec die historiese model laat vaar om eerder tekens uit die verlede te ontsyfer; dat Nathalie Sarraute die gedagte van die verdeelde subjek van die Nuwe Roman kombineer met haar konsep van tropismes om ’n deurleefde weergawe van haar kinderjare te skep; en dat Roland Barthes die aanname dat taal ’n medium van uitdrukking van subjektiwiteit kan wees, problematiseer om ’n ‘anti-outobiografie’ te skryf. Voorts is aangetoon hoe Marguerite Yourcenar wegbreek van die antropomorfisme van die humanisme om die weg te baan vir die besef dat die teenwoordigheid van die Ander die uitleg van die self ten diepste bepaal. Laastens word die etiek van die Ander in interkulturele ontmoetings, soos geboekstaaf in die outobiografieë van Ken Bugul en Jean-Marie Le Clézio, ondersoek. Die artikel toon aan hoe literêr-filosofiese tendense die gedagte van singewing en interpretasie van die persoonlike verlede en gevolglik die aard van outobiografie vanaf die agtiende eeu beïnvloed het