z-logo
open-access-imgOpen Access
The gendered embodiment of shame: Intersections of acquaintance rape, trauma and self-blame in <i>Pompidou posse</i> by Sarah Lotz
Author(s) -
Jessica Murray
Publication year - 2014
Publication title -
literator
Language(s) - German
Resource type - Journals
SCImago Journal Rank - 0.126
H-Index - 4
eISSN - 2219-8237
pISSN - 0258-2279
DOI - 10.4102/lit.v35i1.1090
Subject(s) - shame , blame , psychology , embodied cognition , context (archaeology) , psychoanalysis , social psychology , sociology , history , epistemology , philosophy , archaeology
Hierdie artikel bied ’n feministiese letterkundige ontleding van die genderdiskoers oor die beliggaming van skaamte in Sarah Lotz se Pompidou posse. In hierdie roman stel Lotz vroulike karakters voor wat seksueel aangerand word deur kennisse en die gepaardgaande skaamte wat in hulle liggame gehuisves word. Ek sal illustreer dat die liggaamlike skaamte van die karakters geslagsrolbepaald is en dat dit hul pogings om die gevolge van die aanrandings te verwerk, beïnvloed. ’n Narratiewe lesing van die teks onthul dat die karakters blootgestel word aan oorweldigende sosiale boodskappe van vroue se laakbaarheid in ’n breër konteks waarbinne vrouehaat algemeen is. Die gevolg is dat vroue blaam tot so ʼn mate verwag, dat hulle hulself blameer en die blaam internaliseer as skaamte. Deur te fokus op die liggame van hierdie vroulike karakters demonstreer Lotz die beliggaming van skaamte, maar stel sy ook liggaamlike uitdagings aan stilswye. Die liggame van die karakters praat luidkeels, al is dit soms in die huiwerige taal van trauma. Hulle liggame waarsku hulle wanneer daar gevaar is, help hulle om herinneringe te ontgin wat ontoeganklik is en bied ’n manier om te getuig oor traumatiese seksuele aanrandings.

The content you want is available to Zendy users.

Already have an account? Click here to sign in.
Having issues? You can contact us here